Besoekers

Blad sal binnekort weer op Datum wees.
Tannie Loyd in die Kaap C5.5.3 het vir ons inligting destyds deurgegee van goeie humor en waarde. Sal moet bevestig hoe dit met haar gaan.
Het met oom Frik von Rönge gesels en dit gaan goed met hom na die afterwe van tannie Faith so paar jaar terug.
Ek het navraag gehad oor 'n boek wat oor die Ronge's in sy vorme geskryf gaan word, dus die regruk askie wat nou op ons webblad plaasvind.

Ronge's, von Rönge’s en van Ronge's is goeie mense...hulle is ons mense!
Die Model-bouers
Daardie voorgangers wat ons Suid-Afrikaanse stamboom-model met groot passie nagevors en bymekaar gebring het, moet ons ook nie vergeet nie.
Ek het 'n dokument van my langs- oorlewende tante Gertruida of sommer tannie Gerrie (C5-3-10) soos ons haar leer ken het ontvang. Dit was getik deur oorlede Oom Pieter von Rönge (C9.5.1). Hy het destyds op George gewoon en was saam met Frederick Carel von Rönge, sy jonger broer (C9.5.5), een van twee pioniers wat vir ons hierdie model van die Stam-register van stamvader Friedrich Carll Ronge op die been gebring het. Oom Frik is 'n teoloog aan die Oosrand betrokke met opleiding.
Ek gaan spesiaal die sussies ook plek gee van Ouma Susara Magrieta Griesel, nou Loyd. Baie dankie Ouma, Linda en Johnny Schutte wat kort-kort nuwe ou kiekies stuur. Hulle fotos is regtig baie mooi opgepas met soveel noukeurigheid. Ouma Loyd is vandag nog so wakker soos 'n rekenaar verseker mense my.
Oom Pieter het in Orania gewoon en as bibliotekaris in 'n warm meelewende gemeenskap gedien. Hy is 'n mens van onberispelike integriteit soos ek hom in 'n lang telefoon gesprek opgesom het die dag toe ek hom namens ons almal bedank het. Ja, ons het hulle toestemming om asseblief hierdie register so noukeurig as moontlik te korrigeer en by te hou. Oom Frik help ook gereeld.
Mag hierdie blad groei tot 'n nalatenskap en voordeel van die Ronge's (van en von) in sowel sy verskille maar ook in sy hopelike ooreenkoms.
Ek dra hierdie blad op aan my vrou Nonna, wat met groot geduld my afwesigheid vir hierdie saak toelaat.
Ek dank ons hemelse Vader dat hierdie blad moontlik gemaak is in toewyding van baie mense.
Veranderinge word gereeld gemaak en jou blad onthou nog ou data. Onthou om ctrl F5 te druk om die blad se nuwe weergawe af te laai. As u ondervind dat die blad ver te stadig laai onthou asseblief dat hier baie grafika is en dit in die rekenaar se geheue eers moet inlaai. Die rede hiervoor is omdat ek die letters van die woorde agter en om prentjies sien inspring sodra mens jou rekenaar of slimfoon se skerm resolusie verander.
Mens kan nou met reg vra, maar hoekom doen ons nie maar sommer net 'n facebook blad nie? Eenvoudig. Dit wat mens opsit rol nie more verby met nuwe plasings nie. Ons wil seker graag ons eie blad hê of hoe?
Ek dra eindelaaste hierdie blad op aan al die Ronge (von en van) seuns wat die nalatenskap van F.C. Ronge wat hier uit Duitsland kom vestig het, verder kan uitbou.
Mag hierdie inligting vir julle so belangrik wees soos wat dit vir die bogenoemde pioniers is en hopelik vir julle sal wees.
Onthou asb om my te epos as inligting verkeerd is.
Paul Ronge (D5.3.4.6.)
ronge@mweb.co.za